Your image
 

VOERDOKTER gee 4 voordele:

Your image

Verhoog lam% en kalf% en groei met 3,26%

Dit verhoog vrugbaarheid en groei want dit bevat minerale wat die derm membraan beter penetreer as ander minerale wat kunsmatig vervaardig word, wat beter opneembaarheid van minerale beteken. Dit bevat ook magnesium oksied wat vrugbaarheid stimuleer. Reproduksie is uit ‘n winsoogpunt 5 keer belangriker as groei-eienskappe en 10 keer belangriker as karkas-eienskappe. Reproduksie is die boer se grootste wins!

Your image

Verminder gebruik van dosering

Volgens onafhanklike wetenskaplike navorsing in die openbare domein beskikbaar en uitgevoer by Universiteit van KwaZulu-Natal en Iowa State University: “Die effek van die byvoeging in voer van die beste biomiddels, of diatome (VoerDokter), is in skape geëvalueer. Die gevolgtrekking is dat alle behandelings effektief was en verseker het dat tellings van die L3 larwe stadia van spysverteringskanaal nematodes (GIN) verminder het. Ander navorsers het gewys dat indien die L3 populasie verminder word, dan is daar ‘n afname in besmetting asook ‘n afname van GIN tellings in die dermkanaal van diere en gevolglik is wurmeiers per gram mis (EPG) laer. Die metode van werking is meganies wat uitdroging [van besmetlike L3 derde stadium wurmlarwes] in dieremis bewerkstellig.”

Your image

Verhoog immuniteit

Dit verhoog immuniteit deur die werking van witbloedselle (neutrophils) te ondersteun. Diere met hoër immuniteit het ‘n beter inherente vermoë om ongunstige toestande en siektes te weerstaan. Dit beteken minder siek diere en minder vrektes. Dit verhoog immuniteit want dit bevat silika en silikon. Die voordele hiervan is eers onlangs by diere beter verstaan. Kyk na die etikette van voere en lekke: silikon (Si) is nog nie by voere en lekke ingesluit nie en moet self bygemeng word.

Your image

Neutraliseer diarree en mikotoksiene

Dit neutraliseer diarree. Dit neutraliseer ook ‘n breë spektrum mikotoksiene deur dit in die spysverteringskanaal te adsorbeer. Dit beteken minder siek diere en beter kuddegesondheid. Mikotoksiene is giftige swamme wat ongesiens in voer en weidings voorkom en die spysverteringskanaal nadelig beïnvloed. Die spysverteringskanaal speel tot ‘n 70% rol in ‘n dier se immuniteit.

Your image